PSALMS 71:24
PSALMS 71:24 Bybel vir almal (ABA)
Dan sal ek ook die hele dag aanhou sê dat U reg gedoen het aan my. Ja, die mense wat dit sleg wil laat gaan met my, het verloor, U het hulle verneder.
PSALMS 71:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ook sal my tong u geregtigheid die hele dag prys, want hulle het beskaamd gestaan, want hulle wat my ongeluk soek, het rooi van skaamte geword.
PSALMS 71:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal die hele dag deur praat van u verlossingswerk, want dié wat my ondergang soek, staan teleurgestel in hulle verwagting; hulle beland self in die ellende.
PSALMS 71:24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ook my tong sal die hele dag oor u geregtigheid prewel, omdat daardie mense beskaamd staan, omdat hulle wat my onheil soek, in die skande gekom het.
PSALMS 71:24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
My tong sal ook die hele dag oor u geregtigheid praat, want hulle staan beskaamd, want hulle is beskaamd wat my onheil soek.