PSALMS 71:15-18
PSALMS 71:15-18 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal die hele dag vertel dat U reg gedoen het aan my en my gered het, ek weet nie hoeveel maal nie. My Here, ek sal kom vertel van die groot dinge wat U gedoen het. Here, ek sal sê dit is net U wat reg gedoen het aan my. O God, vandat ek jonk was, het U vir my geleer dat U wonderwerke doen, en ek praat nou nog daaroor. Ja, ek is nou oud en my hare is grys, U moenie nou vir my los nie. Ek wil vir die nageslag vertel, vir almal wat later gebore sal word, dat U sterk is en dat U groot dinge gedoen het.
PSALMS 71:15-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
My mond sal u geregtigheid vertel, die hele dag u heil; want ek ken nie die maat daarvan nie. Ek sal kom met die magtige dade van die Here HERE; ek sal u geregtigheid vermeld, dié van U alleen. O God, U het my geleer van my jeug af, en tot nou toe verkondig ek u wonders. En ook tot die ouderdom en die grysheid toe — o God, verlaat my nie, totdat ek aan die volgende geslag u arm verkondig, aan almal wat sal kom, u mag.
PSALMS 71:15-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sonder ophou sal ek van u verlossingswerk, van u reddingsdade bly praat, want hulle is meer as wat ek kan tel. Ek kom om u magtige dade te prys, Here my God, die verlossingswerk wat net U kan doen. U het my van jongs af onderrig, o God, en ek getuig nou nog van u kragtige dade. Nou dat ek oud en grys geword het, moet U my tog nie alleen laat nie, o God, dat ek nog aan die geslagte wat kom, kan vertel van u werk en u mag.
PSALMS 71:15-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
My mond sal van u geregtigheid vertel, van u verlossingsdade, die hele dag lank, al is die getal bo my begrip. Ek sal ingaan en getuig van die magtige dade van die HERE, my Heer; ek sal getuig van u geregtigheid, net van U alleen. O God, U het my geleer van my jeug af, en tot nou toe maak ek u wonderdade bekend. Selfs tot in die ouderdom en grysheid, o God, moet U my nie verlaat nie, totdat ek aan die nageslag die mag van u arm bekend gemaak het, aan almal wat kom, u mag.
PSALMS 71:15-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
My mond sal U geregtigheid en U heil die hele dag verkondig; want ek weet nie die getalle daarvan nie. Ek sal gaan in die sterkte van die HERE HERE: Ek wil U geregtigheid noem, ook van U alleen. O God, U het my van my jeug af geleer, en tot dusver het ek U wonders verkondig. Nou ook as ek oud en grys is, o God, verlaat my nie; totdat Ek U krag aan hierdie geslag bekend gemaak het en U krag aan elkeen wat kom.
PSALMS 71:15-18 Die Boodskap (DB)
Ek sal sonder ophou sê hoe U mense help. Ek het nie genoeg woorde om al u verlossingsdade mee te beskryf nie. Hulle is meer as wat ek kan tel. Ek sal aanhou vertel van al die wonderlike dinge wat die Here gedoen het. Oor die bevryding wat net U alleen kan gee, sal ek praat. God, U was vir my soos ’n onderwyser van kleins af. Nou nog vertel ek van die wonderlike dinge wat U gedoen het. Ja, selfs noudat ek oud en grys geword het, sal ek dit aanhou sê. God, moenie nou u rug vir my draai nie. Ek wil eers vir my kleinkinders vertel hoe sterk U is.
PSALMS 71:15-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek sal u regverdigheid bekendmaak, en die hele dag van u redding vertel, al is dit te veel om op te noem. Oppermagtige HERE, ek kom om u magtige dade te prys, ek sal vir almal vertel dat U alleen regverdig is. O God, U het my van jongs af geleer, en nog steeds getuig ek van u wonderdade. O God, noudat ek oud en grys is, moenie my verlaat nie, sodat ek aan die nageslagte u mag bekend kan maak, en aan elkeen wat nog sal kom van u magtige werke kan vertel.