PSALMS 7:9-10 - Compare All Versions
PSALMS 7:9-10 AFR83 (Afrikaans 1983)
U wat regspreek oor die volke, Here, bevind tog dat ek reg het, Here, dat ek onskuldig is. Maak 'n end aan al die bose dade van die goddelose mense. Stel tog die onskuldige in die gelyk. U wat die mens deur en deur toets, U is die regverdige God.
PSALMS 7:9-10 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Die HERE oordeel die volke. Doen aan my reg, HERE, na my geregtigheid en na my onskuld wat by my is. Laat tog die boosheid van die goddelose mense 'n einde neem, maar bevestig U die regverdige, ja, U wat harte en niere toets, o regverdige God!
PSALMS 7:9-10 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
HERE, U wat regspreek oor die volke, oordeel my, HERE, volgens my regverdigheid en in die lig van my onskuld. Regverdige God wat gedagtes en gevoelens deursoek, maak ’n einde aan die boosheid van die goddelose, maar ondersteun die regverdiges.
PSALMS 7:9-10 DB (Die Boodskap)
Daarom kan U die regte besluite oor elkeen se lewe neem. En daarom kan ek nou by U pleit: kyk tog dat ek die regte dinge gedoen het, Here! Ek is onskuldig. Ek verdien nie om so sleg behandel te word nie. Maak ’n einde aan slegte mense se planne wat weier om na U te luister. Maar help hulle wat U liefhet, o God. U weet mos of mense reg leef en of hulle vertrou kan word. U tree altyd regverdig op.
PSALMS 7:9-10 ABA (Bybel vir almal)
Here, dit is U wat die volke sal oordeel, U moet my Regter wees, U weet ek het reg gedoen en ek is onskuldig. U toets 'n mens, U weet wat hy in sy hart voel en wat hy dink, U is die Regverdige God. Asseblief, U moet die mense wat verkeerd doen, laat ophou verkeerd doen, U moet dit goed laat gaan met die mense wat reg doen.
PSALMS 7:9-10 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die HERE spreek reg oor volke. Oordeel my op grond van my geregtigheid, HERE, op grond van my onberispelikheid, Verhewene. Beëindig tog die boosheid van goddeloses; maar hou die regverdiges staande, U wat hart en niere toets, o regverdige God!
PSALMS 7:9-10 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ag laat die boosheid van die goddelose tot 'n einde kom; maar bevestig die regverdige, want die regverdige God toets harte en niere. My verdediging is by God, wat die opregtes van hart red.