YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

PSALMS 7:10

PSALMS 7:10 Bybel vir almal (ABA)

U toets 'n mens, U weet wat hy in sy hart voel en wat hy dink, U is die Regverdige God. Asseblief, U moet die mense wat verkeerd doen, laat ophou verkeerd doen, U moet dit goed laat gaan met die mense wat reg doen.

Deel
Lees PSALMS 7

PSALMS 7:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Laat tog die boosheid van die goddelose mense 'n einde neem, maar bevestig U die regverdige, ja, U wat harte en niere toets, o regverdige God!

Deel
Lees PSALMS 7

PSALMS 7:10 Afrikaans 1983 (AFR83)

Maak 'n end aan al die bose dade van die goddelose mense. Stel tog die onskuldige in die gelyk. U wat die mens deur en deur toets, U is die regverdige God.

Deel
Lees PSALMS 7

PSALMS 7:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Beëindig tog die boosheid van goddeloses; maar hou die regverdiges staande, U wat hart en niere toets, o regverdige God!

Deel
Lees PSALMS 7

PSALMS 7:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

My verdediging is by God, wat die opregtes van hart red.

Deel
Lees PSALMS 7

PSALMS 7:10 Die Boodskap (DB)

Maak ’n einde aan slegte mense se planne wat weier om na U te luister. Maar help hulle wat U liefhet, o God. U weet mos of mense reg leef en of hulle vertrou kan word. U tree altyd regverdig op.

Deel
Lees PSALMS 7

PSALMS 7:10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Regverdige God wat gedagtes en gevoelens deursoek, maak ’n einde aan die boosheid van die goddelose, maar ondersteun die regverdiges.

Deel
Lees PSALMS 7
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's