PSALMS 63:2-9
PSALMS 63:2-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
O God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in 'n dor en uitgedroogde land, sonder water. Só het ek U in die heiligdom aanskou, om u sterkte en u heerlikheid te sien. Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys. Só sal ek U prys my lewe lank, in u Naam my hande ophef. Soos met vet en vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe as ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins. Want U was 'n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel. My siel is aan U verkleef; u regterhand ondersteun my.
PSALMS 63:2-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in 'n dor en droë land, 'n land sonder water. Ek wil by U in die heiligdom wees om daar u mag en grootheid te ondervind. U troue liefde is meer werd as die lewe; daarom sal ek U prys. Ek sal U my lewe lank loof, my hande ophef om u Naam te prys. Soos elke keer wanneer ek u goeie gawes geniet, sal ek U altyd roem met jubelende mond. As ek aan U dink op my bed, oor U peins in die nag, dan weet ek: U is vir my 'n hulp, en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels. Ek bly altyd naby U, u hand ondersteun my.
PSALMS 63:2-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
O God, U is my God, ek soek na U, ek smag na U; my hele liggaam verlang na U soos ’n dor land sonder water. Ek het U inderdaad in die heiligdom gesien en u krag en heerlikheid aanskou. U troue liefde is beter as die lewe; daarom prys ek U! Daarom wil ek U prys so lank as wat ek lewe, en in u Naam my hande ophef. U versadig my meer as die rykste kos. Met vreugdeliedere sal ek U loof. As ek op my bed lê en aan U dink, oor U nadink in die nag, onthou ek hoe U my gehelp het. Dan wil ek sing in die skaduwee van u vleuels. Ek is aan U verbind, u regterhand hou my staande.
PSALMS 63:2-9 Bybel vir almal (ABA)
O God, U is my God, ek wil naby U wees. Ek verlang na U hier in 'n droë land, hier is nie water nie, en alles kry swaar om te lewe. Ek het in die tempel na U gekyk, en ek het gesien dat U sterk is en dat U die Koning is. Ek wil dit nou ook weer sien. U doen wat U belowe, en dit is beter as die lewe self. Daarom wil ek U prys. So sal ek vir U dankie sê so lank soos ek lewe, ek sal my hande uitsteek na U toe en ek sal u Naam sê. Dit sal vir my lekker wees, so lekker soos 'n fees-ete, wanneer ek sing en U prys. Wanneer ek aan U dink hier op my bed, wanneer ek die hele nag oor U lê en dink, dan onthou ek dat U my altyd gehelp het en my beskerm het soos 'n hen haar kuikens beskerm. En dan sing ek weer. Ek wil naby U bly, U hou my regop met u sterk hand.
PSALMS 63:2-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
God, U is my God, na U soek ek; my •siel dors na U, my liggaam smag na U in 'n droë, uitgeputte land sonder water. So het ek uitgesien na U in die heiligdom, om u krag en glorieryke teenwoordigheid te ervaar, want u troue liefde is beter as die lewe. My lippe sal U roem; so sal ek U prys in my lewe; in u Naam sal ek my hande ophef. Asof van binnevet en die vetste dele word ek versadig; en met jubelende lippe bring my mond lof as ek aan U dink op my slaapplek, as ek in die •nagwake oor U prewel. Want U was vir my tot hulp, en in die skadu van u vlerke jubel ek. My diepste wese is aan U verknog; u regterhand ondersteun my.
PSALMS 63:2-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
om u krag en U heerlikheid te sien, soos ek u in die heiligdom gesien het. Omdat u goedertierenheid beter is as die lewe, sal my lippe U loof. So sal ek jou seën terwyl ek lewe: Ek sal my hande ophef in u Naam. My siel sal versadig word soos van murg en vet; en my mond sal U loof met blye lippe. As ek aan jou dink op my bed en oor jou peins in die nagwake. Omdat jy my hulp was, daarom sal ek juig in die skaduwee van jou vleuels. My siel jaag U hard, u regterhand ondersteun my. Maar die wat my siel soek om dit te vernietig, sal na die onderste dele van die aarde ingaan.
PSALMS 63:2-9 Die Boodskap (DB)
God, U is my God! Ek soek U! Ek verlang na U soos iemand wat baie dors is. Met alles wat ek het, begeer ek om by U te wees. Soos iemand wat water in die woestyn soek, soek ek na U. Ek verlang met my hele wese om U te aanbid. Ek wil u krag en u grootheid beleef. Dit is beter om u groot liefde te ervaar as om baie oud te word sonder U. Ek loof U daarvoor. Ek sal U met my hele lewe prys. Ek sal my hande in die lug steek om U groot te maak. Om U te prys maak my lewe vol en ryk. Ek loof U vir die goeie geskenke wat U vir my gee. Ek is bly oor U. Ek sal u Naam vrolik besing as ek gaan slaap of as ek in die nag oor U dink. U het my gehelp. U beskerm my en ek is baie bly daaroor. Met alles binne-in my wil ek aan U vashou. U dra my deur die lewe.