PSALMS 59:9-10
PSALMS 59:9-10 Bybel vir almal (ABA)
Maar U, Here, U lag vir hulle, U lag vir al die volke. Dit is die Here wat my sterk maak, ek sal aanhou wag dat Hy my moet help, want by Hom is ek veilig.
PSALMS 59:9-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar U, o HERE, lag oor hulle; U spot met al die heidene. My Sterkte, op U wil ek wag, want God is my rotsvesting.
PSALMS 59:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar U, Here, U lag hulle uit, U spot met al die nasies! Ek wil my hoop op U gevestig hou, U, my Sterkte, want U is my veilige vesting!
PSALMS 59:9-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar U, HERE, U lag vir hulle; U dryf die spot met al die nasies. My Sterkte, aan U wil ek vashou. Ja, God is my toevlugsoord.
PSALMS 59:9-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Vanweë sy krag sal ek op U wag, want God is my beskutting. Die God van my barmhartigheid sal my keer; God sal my laat sien wat my begeerte oor my vyande is.