PSALMS 59:1-2
PSALMS 59:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied “Moenie verwoes nie.” Van Dawid. 'n Lied, toe Saul manne gestuur het om by Dawid se huis wag te staan, sodat hulle hom kon doodmaak. My God, U moet my red van my vyande, U moet my beskerm teen die mense wat my wil aanval.
PSALMS 59:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VIR die musiekleier; op die wysie van: „Moenie verwoes nie.” Van Dawid. 'n Gedig, toe Saul gestuur het en hulle die huis laat bewaak het om hom dood te maak. Red my van my vyande, o my God! Beskerm my teen my teëstanders!
PSALMS 59:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die koorleier: op die wysie van “Moet dit nie verwoes nie!” Van Dawid. 'n Gedig, na aanleiding daarvan dat hulle, in opdrag van Saul, Dawid se huis omsingel het om hom dood te maak. Red my van my vyande, my God, beskerm my teen my teëstanders