PSALMS 58:3-4
PSALMS 58:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Nee, julle dink altyd hoe julle verkeerde dinge kan doen, julle doen slegte dinge aan mense in die land. Mense wat verkeerd doen, mense wat aanhou lieg, doen die verkeerde dinge vandat hulle gebore is.
PSALMS 58:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ja, julle bedryf ongeregtighede in die hart; julle weeg op aarde die geweld van julle hande af. Afvallig is die goddelose mense van die geboorte af; die leuensprekers dwaal van die moederskoot af.
PSALMS 58:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nee, julle optrede in die land is die ene korrupsie, met geweld gaan julle deur die lewe. Slegte mense loop van hulle geboorte af 'n verkeerde pad, vandat hulle in die wêreld gekom het, dwaal hierdie bedrieërs af.
PSALMS 58:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Selfs in julle harte beoefen julle onreg; in die land maak die geweld van julle hande vir julle die pad skoon. Vanaf die moederskoot dwaal goddeloses af, vanaf hulle geboorte raak leuenaars die pad byster.
PSALMS 58:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die goddelose is van die moederskoot af vervreem; hulle dwaal sodra hulle gebore word, en praat leuens. Hulle gif is soos die gif van 'n slang: hulle is soos 'n dowe adder wat sy oor toestop