YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

PSALMS 58:1-2

PSALMS 58:1-2 Bybel vir almal (ABA)

Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied “Moenie verwoes nie.” Van Dawid. 'n Lied. Is dit regtig reg wat julle sê, julle wat oor die mense moet regeer? Is julle regverdig wanneer julle die mense oordeel?

Deel
Lees PSALMS 58

PSALMS 58:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

VIR die musiekleier; op die wysie van: „Moenie verwoes nie.” Van Dawid. 'n Gedig. Spreek julle waarlik geregtigheid, o gode? Oordeel julle die mensekinders regverdig?

Deel
Lees PSALMS 58

PSALMS 58:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)

Vir die koorleier: op die wysie van “Moet dit nie verwoes nie!” Van Dawid. 'n Gedig. Julle wat mag besit, is julle uitsprake werklik regverdig? Is julle beslissings in die sake tussen mense billik?

Deel
Lees PSALMS 58

PSALMS 58:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Vir die •musiekleier. Op “Moenie verwoes nie”. Van Dawid. 'n Miktaam . Magtiges, is julle werklik besig met regspraak, oordeel julle mense billik?

Deel
Lees PSALMS 58

PSALMS 58:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Spreek julle waarlik geregtigheid, o gemeente? oordeel julle reg, o mensekinders? Ja, in die hart doen julle goddeloosheid; julle weeg die geweld van julle hande op die aarde.

Deel
Lees PSALMS 58

PSALMS 58:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Julle wat regeer, is julle uitspraak regtig regverdig? Is julle beslissings oor mense billik?

Deel
Lees PSALMS 58
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's