PSALMS 55:22
PSALMS 55:22 Bybel vir almal (ABA)
Hy het mooi dinge gesê, sy tong was so glad soos botter, maar daar was oorlog in sy hart. Sy woorde was sagter as olyf-olie, maar hulle was soos swaarde wat wil seermaak.
PSALMS 55:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Glad is die botterwoorde van sy mond, maar sy hart is oorlog; sy woorde is sagter as olie, maar hulle is ontblote swaarde.
PSALMS 55:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sy tong is gladder as botter, maar daar is oorlog in sy hart; sy woorde is so strelend soos olie, maar hulle is swaarde wat reg is om te steek.
PSALMS 55:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sy mond is gladder as botter, maar sy hart is die ene oorlog. Sy woorde is strelender as olie, maar dit is ontblote swaarde.
PSALMS 55:22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Werp jou las op die HERE, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit toelaat dat die regverdige wankel nie.
PSALMS 55:22 Die Boodskap (DB)
Hulle woorde klink so goed, maar maak baie seer. Hulle is op die oorlog uit. Hulle maak mense dood.