PSALMS 53:2-3 - Compare All Versions

PSALMS 53:2-3 ABA (Bybel vir almal)

Dit is dwase mense wat dink daar is nie 'n God nie. Hulle is slegte mense, hulle doen lelike dinge aan ander mense, nie een van hulle doen goed nie. God kyk uit die hemel na die mense om te sien of daar iemand is wat verstandig is, iemand wat vra wat God wil hê.

PSALMS 53:2-3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie! Hulle het sleg gehandel en hul onreg afskuwelik gemaak; daar is niemand wat goed doen nie. God het uit die hemel neergesien op die mensekinders om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra.

PSALMS 53:2-3 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die dwaas dink daar is geen God nie. Dwase mense vernietig alles; wat hulle doen, is 'n gruwel vir God. Daar is nie een wat goed doen nie. Van die hemel af kyk God die mense deur om te sien of daar één verstandige is, één wat na die wil van God vra.

PSALMS 53:2-3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Dwase sê in hulle hart: Daar is geen God nie. Hulle tree gruwelik en afstootlik op. Daar is nie een wat goed doen nie. God kyk vanuit die hemel na die mense om te sien of daar iemand is wat verstandig is, iemand wat God soek.

PSALMS 53:2-3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

God het uit die hemel neergesien op die mensekinders om te sien of daar iemand was wat verstaan, wat God gesoek het. Elkeen van hulle het teruggegaan; hulle het heeltemal vuil geword; daar is niemand wat goed doen nie, ook nie een nie.

PSALMS 53:2-3 DB (Die Boodskap)

Dis net ’n baie dom mens wat kan dink dat God nie daar is nie. Sy optrede wys dit. Hy doen dinge waarvan God niks hou nie. Lieg en bedrieg is sy voorliefde. Alles wat hy doen, is sleg. God soek oral na iemand wat die verstand het om Hom te dien en te doen wat Hy vra.

PSALMS 53:2-3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Net ’n dwaas sê in sy hart: “Daar is geen God nie.” Hulle is bedorwe en hulle dade is boos. Niemand doen iets wat goed is nie! God kyk neer vanuit die hemel oor die hele mensegeslag om te sien of daar één is wat verstandig is, één is wat God dien.