PSALMS 53:1-3
PSALMS 53:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Vir die leier van die koor: Die fluite moet speel en julle moet sing. 'n Lied van Dawid. Dit is dwase mense wat dink daar is nie 'n God nie. Hulle is slegte mense, hulle doen lelike dinge aan ander mense, nie een van hulle doen goed nie. God kyk uit die hemel na die mense om te sien of daar iemand is wat verstandig is, iemand wat vra wat God wil hê.
PSALMS 53:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VIR die musiekleier; op die wysie van: „Máhalat.” 'n Onderwysing van Dawid. Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie! Hulle het sleg gehandel en hul onreg afskuwelik gemaak; daar is niemand wat goed doen nie. God het uit die hemel neergesien op die mensekinders om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra.
PSALMS 53:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die koorleier: met fluitspel. 'n Gedig van Dawid. Die dwaas dink daar is geen God nie. Dwase mense vernietig alles; wat hulle doen, is 'n gruwel vir God. Daar is nie een wat goed doen nie. Van die hemel af kyk God die mense deur om te sien of daar één verstandige is, één wat na die wil van God vra.
PSALMS 53:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir die •musiekleier. Op Magalat . 'n Maskiel . Van Dawid. Dwase sê in hulle hart: Daar is geen God nie. Hulle tree gruwelik en afstootlik op. Daar is nie een wat goed doen nie. God kyk vanuit die hemel na die mense om te sien of daar iemand is wat verstandig is, iemand wat God soek.
PSALMS 53:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die dwaas het in sy hart gesê: Daar is geen God nie. Hulle is verdorwe, en hulle het gruwelike ongeregtigheid gedoen; daar is niemand wat goed doen nie. God het uit die hemel neergesien op die mensekinders om te sien of daar iemand was wat verstaan, wat God gesoek het. Elkeen van hulle het teruggegaan; hulle het heeltemal vuil geword; daar is niemand wat goed doen nie, ook nie een nie.
PSALMS 53:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Net ’n dwaas sê in sy hart: “Daar is geen God nie.” Hulle is bedorwe en hulle dade is boos. Niemand doen iets wat goed is nie! God kyk neer vanuit die hemel oor die hele mensegeslag om te sien of daar één is wat verstandig is, één is wat God dien.