PSALMS 50:21
PSALMS 50:21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dit alles het jy gedoen, maar Ek het stilgebly, en jy het gedink Ek het soos jy geword. Maar nou eis Ek rekenskap van jou en sal jou openlik beskuldig.
PSALMS 50:21 Bybel vir almal (ABA)
“Jy het al hierdie dinge gedoen, en toe Ek stilgebly het, het jy gedink Ek is soos jy. Maar nou sê Ek vir jou dat jy verkeerd doen, Ek kyk in jou oë en Ek sê dit reguit vir jou.
PSALMS 50:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hierdie dinge het jy gedoen, en sou Ek swyg? Jy dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf en jou dit ordelik voor oë stel.
PSALMS 50:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Moet Ek stilbly as jy sulke dinge doen? Dan sal jy dink Ek het soos jy geword! Nee, Ek eis rekenskap van jou, Ek kla jou aan!
PSALMS 50:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hierdie dinge het jy gedoen, maar Ek het stilgebly. Jy het gedink Ek is net soos jy! Ek gaan jou teregwys en vir jou die saak duidelik uiteensit.