PSALMS 50:19-20 - Compare All Versions
PSALMS 50:19-20 ABA (Bybel vir almal)
Jy wil altyd iets sê wat dit sleg sal laat gaan met iemand anders, jy vertel leuens oor mense. Jy sit en praat teen jou eie broer en jy beskuldig hom.
PSALMS 50:19-20 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Jou mond laat jy los in boosheid, en jou tong vleg bedrog. Jy sit en praat teen jou broer, die seun van jou moeder beskimp jy.
PSALMS 50:19-20 AFR83 (Afrikaans 1983)
As jy jou mond oopmaak, praat jy kwaad; jou tong ryg bedrog aanmekaar. Jy sit en praat teen jou broer, jou eie broer beswadder jy.
PSALMS 50:19-20 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jy gee jou mond vrye teuels vir boosheid, en jy span jou tong in vir bedrog. Jy sit en konkel teen jou broer, jou moeder se seun beswadder jy.
PSALMS 50:19-20 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U gee U mond aan die kwaad, en U tong sweer bedrog. Jy sit en spreek teen jou broer; jy belaster jou eie moeder se seun.
PSALMS 50:19-20 DB (Die Boodskap)
As jy jou mond oopmaak, lieg en bedrieg en skinder jy; jy gee nie eens om of dit jou eie broer is wat jy so behandel nie. Jy smeer hom swart.
PSALMS 50:19-20 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Jou mond verkondig kwaad, en jou tong praat bedrog. Jy sit en beswadder jou broer, en praat tot nadeel van jou eie broer.