PSALMS 50:14-15
PSALMS 50:14-15 Bybel vir almal (ABA)
Nee, die offer wat jy vir God moet bring, is dit: Jy moet vir Hom dankie sê vir alles. En jy moet doen wat jy belowe het aan My, die Hoogste God. Jy moet tot My bid wanneer dit sleg gaan. Ek sal jou red, en jy sal My eer.”
PSALMS 50:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste; en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.
PSALMS 50:14-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Lof is die offer wat jy aan God moet bring. Betaal jou geloftes aan die Allerhoogste. Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.”
PSALMS 50:14-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Offer dank aan God, betaal jou geloftes aan die Allerhoogste. Roep My aan in 'n tyd van nood; Ek sal jou red, en jy sal My eer.”
PSALMS 50:14-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Offer aan God danksegging; en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste. En roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou red, en jy moet My eer.