PSALMS 49:8-10
PSALMS 49:8-10 Bybel vir almal (ABA)
Een mens kan nie 'n ander mens loskoop van die dood nie, glad nie, hy kan nie vir God betaal om die persoon vry te maak nie. Om te betaal vir sy lewe, sal te veel kos. Hy sal nooit genoeg kan betaal sodat hy vir altyd kan lewe en nie in die graf kom nie.
PSALMS 49:8-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Niemand kan ooit 'n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie (want die losprys van hulle lewe is te kosbaar en vir ewig ontoereikend), dat hy vir ewig sou voortlewe, die vernietiging nie sou sien nie.
PSALMS 49:8-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Een mens kan tog nie 'n ander loskoop van die dood en aan God 'n losprys vir hom betaal nie? Die prys vir 'n mens se lewe is te hoog. Wat hy kan betaal, sal nooit genoeg wees dat hy vir altyd sal lewe en die dood nooit sal smaak nie.
PSALMS 49:8-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Een familielid kan nooit 'n ander vrykoop nie, hy kan nie aan God die losprys vir hom betaal nie, want die vrykoopprys vir hulle lewens is te hoog en hy moet vir altyd daarvan afsien dat hy vir ewig kan leef en die graf nie sal sien nie.
PSALMS 49:8-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
(Want die verlossing van hulle siel is kosbaar, en dit hou op vir ewig.) Dat hy nog vir ewig sou lewe en nie verderwing sien nie. Want hy sien dat wyse manne sterf, net so vergaan die dwaas en die brutale mens en laat hulle rykdom aan ander oor.
PSALMS 49:8-10 Die Boodskap (DB)
God kan nie daarmee omgekoop word nie. Jy kan nie jou lewe van die dood red deur te probeer betaal nie. ’n Mens se lewe is baie meer werd as geld. Niemand kan genoeg geld hê om vir sy lewe te betaal nie. Geld kan jou nie uit die kloue van die dood red nie. Jy kan nie die ewige lewe koop nie.