PSALMS 49:7-8
PSALMS 49:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Hulle dink hulle geld en rykdom sal hulle help, hulle spog oor die baie goed wat hulle het. Een mens kan nie 'n ander mens loskoop van die dood nie, glad nie, hy kan nie vir God betaal om die persoon vry te maak nie.
PSALMS 49:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom? Niemand kan ooit 'n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie
PSALMS 49:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
van mense wat net op hulle besittings vertrou en met hulle groot rykdom spog? Een mens kan tog nie 'n ander loskoop van die dood en aan God 'n losprys vir hom betaal nie?
PSALMS 49:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
die wandade van hulle wat op hulle besittings vertrou en met hulle groot rykdom spog? Een familielid kan nooit 'n ander vrykoop nie, hy kan nie aan God die losprys vir hom betaal nie
PSALMS 49:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Niemand van hulle kan sy broer hoegenaamd loskoop en aan God geen losprys vir hom gee nie. (Want die verlossing van hulle siel is kosbaar, en dit hou op vir ewig.)
PSALMS 49:7-8 Die Boodskap (DB)
Hoekom sal ek omgekrap wees as geldgierige mense my probeer te kort doen? Hulle spog oor hulle baie skatte. Hulle vertrou op hulle besittings om hulle te red. God kan nie daarmee omgekoop word nie. Jy kan nie jou lewe van die dood red deur te probeer betaal nie.