PSALMS 49:11
PSALMS 49:11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Almal kan sien: Wyse mense sterf, ook die dwaas en die stommerik, en laat hulle rykdom agter vir ander.
PSALMS 49:11 Bybel vir almal (ABA)
Ja, hy sal sien dat wyse mense ook sterf soos dwase en dom mense, hy sal sien hulle sterf en hulle los hulle geld en rykdom vir ander mense.
PSALMS 49:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want hy sien: wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle vermoë aan ander na.
PSALMS 49:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elkeen sien dit tog: wyse mense sterwe net soos dwase en sotte, en laat hulle besittings aan ander na.
PSALMS 49:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Mens sien immers dat wyse mense sterf; saam met die dwaas en die onverstandige vergaan hulle en laat hulle besittings aan ander na.