PSALMS 49:1-9
PSALMS 49:1-9 Bybel vir almal (ABA)
Vir die leier van die koor: Van die Korag-groep. 'n Psalm. Al die mense moet luister na wat ek sê, almal wat in die wêreld woon, moet dit hoor, almal saam, ryk mense en arm mense. Ek sal woorde van wysheid praat, ek sal verstandige dinge sê. Ek wil luister na 'n spreuk en terwyl ek op die lier speel, wil ek sê wat dit beteken. Ek sal nie bang word wanneer dit sleg gaan nie, wanneer ek die sondes rondom my sien van mense wat my bedrieg nie. Hulle dink hulle geld en rykdom sal hulle help, hulle spog oor die baie goed wat hulle het. Een mens kan nie 'n ander mens loskoop van die dood nie, glad nie, hy kan nie vir God betaal om die persoon vry te maak nie. Om te betaal vir sy lewe, sal te veel kos. Hy sal nooit genoeg kan betaal
PSALMS 49:1-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VIR die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm. Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld, geringes sowel as aansienlikes, tesame ryk en arm! My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstand. Ek sal my oor neig tot 'n spreuk; ek sal my raaisel verklaar by die siter. Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring — die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom? Niemand kan ooit 'n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie (want die losprys van hulle lewe is te kosbaar en vir ewig ontoereikend)
PSALMS 49:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die koorleier. Van die Koragiete. 'n Psalm. Luister hierna, al julle volke, gee aandag, julle almal wat die wêreld bewoon, elke mens, sonder uitsondering, ryk en arm! My mond gaan suiwer wysheid praat; wat ek gaan sê, sal van insig getuig, want ek hoor 'n woord wat my wysheid gee en terwyl ek op die lier speel, wil ek 'n geheimenis verklaar. Waarom sou ek my in moeilike tye kwel as ek bedreig word deur die onreg van bedrieërs, van mense wat net op hulle besittings vertrou en met hulle groot rykdom spog? Een mens kan tog nie 'n ander loskoop van die dood en aan God 'n losprys vir hom betaal nie? Die prys vir 'n mens se lewe is te hoog. Wat hy kan betaal, sal nooit genoeg wees
PSALMS 49:1-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir die •musiekleier. Van die Koragiete. 'n Psalm. Luister hierna, al julle volke, gee aandag, almal wat op aarde woon, geringes sowel as dié wat aansien het, ryk en arm saam. My mond sal wyse woorde uitspreek; waaroor my hart nadink, spreek van insig. Ek het 'n oop oor vir spreuke; onder lierspel sal ek my raaisel oplos. Waarom sou ek bang wees in dae van onheil wanneer die wandade van bedrieërs my omring, die wandade van hulle wat op hulle besittings vertrou en met hulle groot rykdom spog? Een familielid kan nooit 'n ander vrykoop nie, hy kan nie aan God die losprys vir hom betaal nie, want die vrykoopprys vir hulle lewens is te hoog en hy moet vir altyd daarvan afsien
PSALMS 49:1-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hoor dit, alle volke! luister, alle bewoners van die wêreld! Laag en hoog, ryk en arm, saam. My mond sal wysheid spreek; en die oordenking van my hart sal van verstand wees. Ek wil my oor neig tot 'n gelykenis: Ek sal my donker woord op die siter open. Waarom sou ek vrees in die dae van onheil, wanneer die ongeregtigheid van my hakskene my sal omring? Hulle wat op hulle rykdom vertrou en roem in die menigte van hulle rykdom; Niemand van hulle kan sy broer hoegenaamd loskoop en aan God geen losprys vir hom gee nie. (Want die verlossing van hulle siel is kosbaar, en dit hou op vir ewig.) Dat hy nog vir ewig sou lewe en nie verderwing sien nie.
PSALMS 49:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Luister hierna, al julle volke! Gee ag, al julle bewoners van die wêreld: eenvoudiges en mense van aansien, dié wat ryk is en dié wat arm is! My mond sal wyse woorde praat, my gedagtes sal getuig van insig. Ek sal luister na spreuke en raaisels oplos by die speel van die lier. Waarom sal ek bang wees in tye van nood, wanneer bose bedrieërs my omsingel, hulle wat vertrou op hulle welvaart, wat spog met hulle rykdom? Geen mens kan enigsins ’n ander loskoop deur ’n losprys aan God te gee nie. Die redding van ’n mens is te duur. Niemand kan ooit genoeg betaal