PSALMS 48:9-10
PSALMS 48:9-10 Bybel vir almal (ABA)
Ons het daarvan gehoor, en nou het ons dit gesien in die stad van die Here wat oor alles regeer, in die stad van ons God. God laat die stad vir altyd vas staan. Sela O God, ons het hier binne-in u tempel daaraan kom dink dat U doen wat U belowe het.
PSALMS 48:9-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die stad van die HERE van die leërskare, in die stad van onse God: God sal dit bevestig tot in ewigheid. Sela. O God, ons dink aan u goedertierenheid binne-in u tempel.
PSALMS 48:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Soos ons daarvan gehoor het, het ons dit self ervaar hier in die stad van die Here, die Almagtige, in die stad van ons God, die stad wat Hy vir altyd vas laat staan. Sela Hier in u tempel oordink ons u trou, o God.
PSALMS 48:9-10 Die Boodskap (DB)
Ons het hierdie dinge eers gehoor, maar nou het ons dit met ons eie oë gesien. Dit het alles hier in die stad van ons Here, die groot Bevelvoerder, gebeur. Dit is die stad van ons God, wat Hy onbeweeglik vas laat staan, vir altyd. As ons hier in u huis sit, dink ons gedurig aan hoe goed en lojaal U teenoor ons is, o God.