PSALMS 45:6-7 - Compare All Versions
PSALMS 45:6-7 ABA (Bybel vir almal)
Jou pyle is skerp, hulle sal steek deur die harte van die vyande van die koning, hulle sal volke voor jou laat val. God het vir jou koning gemaak vir altyd. Jy regeer jou mense regverdig
PSALMS 45:6-7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
U pyle is skerp (volke val onder U!); hulle tref in die hart van die Koning se vyande. U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer.
PSALMS 45:6-7 AFR83 (Afrikaans 1983)
U skerp pyle laat volke voor u voete val; hulle deurboor die hart van die koning se vyande. U troon, verhewe wese, staan vir altyd vas, met u koninklike septer laat u geregtigheid geskied.
PSALMS 45:6-7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
U pyle is skerp in die hart van die koning se vyande; volke val onder u. U troon, o goddelike wese, is vir altyd en altyd, die septer van u heerskappy is 'n regverdige septer.
PSALMS 45:6-7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van U koninkryk is 'n regte septer. U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid; daarom het God, U God, U gesalf met vreugde-olie bo U metgeselle.
PSALMS 45:6-7 DB (Die Boodskap)
U tref die kol keer op keer; u vyande het nie ’n kans nie. U goddelike koninkryk sal vir altyd daar wees. U regeer regverdig.
PSALMS 45:6-7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
U skerp pyle laat volke voor u val. Dit deurboor die hart van u vyand. God vestig u troon vir altyd. Opregtheid is die septer waarmee u regeer.