PSALMS 44:6-7
PSALMS 44:6-7 Bybel vir almal (ABA)
As U by ons is, dan sal ons die mense oorwin wat teen ons is. As U ons stuur, dan sal ons die mense plat trap wat oorlog wil maak teen ons. Ja, ek weet, my pyl en boog of my swaard wen nie 'n oorlog vir my nie.
PSALMS 44:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Deur U sal ons ons teëstanders omstoot; in u Naam sal ons hulle vertrap wat teen ons opstaan. Want ek vertrou nie op my boog nie, en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie
PSALMS 44:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Met u hulp sal ons ons teëstanders verslaan, in u Naam sal ons dié oorwin wat teen ons opstaan. Op my boog vertrou ek nie en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie
PSALMS 44:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Met U deurboor ons ons teenstanders; in u Naam trap ons hulle plat wat teen ons opstaan. Want dit is nie my boog waarop ek vertrou nie, en dit is nie my swaard wat my verlos nie.
PSALMS 44:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want ek sal nie op my boog vertrou nie, en my swaard sal my nie red nie. Maar U het ons verlos van ons vyande en die wat ons haters beskaam.