PSALMS 44:4 - Compare All Versions
PSALMS 44:4 ABA (Bybel vir almal)
Ja, hulle het die land gevat, maar nie omdat hulle goed oorlog kon maak nie, hulle het gewen, maar nie omdat hulle self sterk was nie. Nee, dit was Ú wat sterk was en wat by hulle was, omdat U lief was vir hulle.
PSALMS 44:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig, omdat U 'n welbehae in hulle gehad het.
PSALMS 44:4 AFR83 (Afrikaans 1983)
Dit is nie met die swaard dat u volk die land in besit geneem het nie, nie deur hulle eie mag dat hulle die oorwinning behaal het nie, maar deur u krag, u mag en u teenwoordigheid, omdat U hulle liefgehad het.
PSALMS 44:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ja, ons voorouers het nie met hulle swaard 'n land in besit geneem nie; hulle arm het nie aan hulle die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u teenwoordigheid, omdat U hulle goedgesind was.
PSALMS 44:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U is my Koning, o God: beveel verlossings vir Jakob.
PSALMS 44:4 DB (Die Boodskap)
Dit was nie u kinders se wapens wat so goed was dat hulle die oorlog gewen het nie. Nee, dit was nie hulle wat so sterk was nie. Dit was U. U het hulle met u groot krag gehelp. U wou hulle help omdat U baie lief is vir hulle.
PSALMS 44:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hulle het nie die land met hulle swaarde verower, of die oorwinning deur eie krag behaal nie. Dit was deur u krag, deur u teenwoordigheid en u goedheid, omdat U hulle liefhet.