PSALMS 42:7-8
PSALMS 42:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Hy is my God. Wanneer ek so treurig is, dan dink ek aan U hier waar ek is in die land by die Jordaan-rivier en by die Hermon-berge, hier by die Klein-berg. Wanneer U die watervalle laat raas, dan is dit soos wanneer die diep waters vir mekaar skree, en U al die branders en die groot golwe oor my laat spoel.
PSALMS 42:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
O My God, my siel buig hom neer in my; daarom dink ek aan U uit die land van die Jordaan en die Hermons, van die klein gebergte af. Die vloed roep na die vloed by die gedruis van u waterstrome; al u bare en u golwe het oor my heengegaan.
PSALMS 42:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
en my God! Uit my vertwyfeling roep ek na U hier van die Jordaangebied, van Hermonberg, van die Kleinberg af waar die waters teen mekaar raas en u waterstrome bruis. U het golf na golf oor my laat slaan.
PSALMS 42:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
My God! My siel kwyn weg in my, daarom dink ek aan U hier uit die Jordaanstreek en by die Hermonberge, hier van berg Misar af. Die diep water laat die geluid van u watervalle weergalm. Al u deinings en golwe het oor my gespoel.
PSALMS 42:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dieptes roep tot dieptes van die geraas van jou waterstrome; al jou golwe en jou golwe het oor my gegaan. Maar die HERE sal sy goedertierenheid bedags beveel, en in die nag sal sy lied by my wees en my gebed tot die God van my lewe.
PSALMS 42:7-8 Die Boodskap (DB)
My God, ek is heeltemal moedeloos. Hier sit ek by ’n waterstroom ver van die plek waar ek U aanbid het. Hier ver weg van almal dink ek aan U. My gedagtes dwaal ver terug. In die agtergrond bruis die waterstrome. Net soos die watermassas oor die stompe en klippe slaan, so het U ’n groot klomp swaarkry en hartseer oor my laat spoel.