PSALMS 42:5
PSALMS 42:5 Bybel vir almal (ABA)
Dan onthou ek en ek hou aan om te dink hoe ek tussen baie mense geloop het en hulle gelei het na die tempel. Ons was baie mense en ons het feesgevier, ons het hard gesing en vir God dankie gesê.
PSALMS 42:5 Die Boodskap (DB)
Met verlange dink ek terug aan die ou dae. Toe het ek die leiding geneem in die eredienste en feesgeleenthede. In die dienste het ek voorgegaan in gebed. Ek het leiding gegee wanneer ons saamsing. By lofprysings was ek die voorsanger. Ons het almal saam feesgevier om U te prys. Ek het voor hulle uitgestap na u woonplek toe.
PSALMS 42:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hieraan wil ek dink en my siel uitstort in my: hoe ek gewoond was om voort te trek met die skare, hulle gelei het na die huis van God, met die stem van jubel en lof — 'n feesvierende menigte!