PSALMS 40:8 - Compare All Versions

PSALMS 40:8 ABA (Bybel vir almal)

Daarom het ek gesê: “Hier is ek! Die boek met u wette sê dat ek dit moet doen.”

PSALMS 40:8 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Toe het ek gesê: Kyk, ek kom; in die boekrol is dit my voorgeskrywe.

PSALMS 40:8 AFR83 (Afrikaans 1983)

Daarom het ek gesê: “Hier het ek gekom soos dit in die boekrol vir my voorgeskrywe is.

PSALMS 40:8 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Daarop het ek gesê: “Kyk, ek het gekom – in die •boekrol is oor my geskryf.

PSALMS 40:8 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Ek het 'n welbehae om u wil te doen, o my God; ja, u wet is binne-in my hart.

PSALMS 40:8 DB (Die Boodskap)

Daarom het ek besluit: ek gaan doen wat U wil hê. Dit is alles tog in u Woord neergeskryf.

PSALMS 40:8 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe sê ek: “Kyk, ek kom! In die boekrol is dit oor my geskryf.