PSALMS 40:6-8
PSALMS 40:6-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Groot dinge het U gedoen, HERE my God — u wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel. U het geen behae in slagoffer of spysoffer nie; ore het U vir my gegrawe; brandoffer en sondoffer het U nie geëis nie. Toe het ek gesê: Kyk, ek kom; in die boekrol is dit my voorgeskrywe.
PSALMS 40:6-8 Bybel vir almal (ABA)
U, my God die Here, U het baie wonderwerke gedoen en U het baie dinge oor ons besluit. Niemand is soos U nie. As ek wil vertel wat U gedoen het en daaroor wil praat, dan is alles te veel om te tel. U wil nie offers en presente hê nie, U wil hê dat ek moet luister na wat U sê. U het nie gevra dat ons brand-offers en sonde-offers moet bring nie. Daarom het ek gesê: “Hier is ek! Die boek met u wette sê dat ek dit moet doen.”
PSALMS 40:6-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Groot dinge het U gedoen, HERE my God — u wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel. U het geen behae in slagoffer of spysoffer nie; ore het U vir my gegrawe; brandoffer en sondoffer het U nie geëis nie. Toe het ek gesê: Kyk, ek kom; in die boekrol is dit my voorgeskrywe.
PSALMS 40:6-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Here my God, U het baie wonderlike dinge gedoen; U dink altyd aan ons; daar is niemand soos U nie. Ek sou daarvan wou vertel en daaroor praat, maar dit is te veel om op te noem. Dit is nie diereoffers of graanoffers wat U wil hê nie, nie brandoffers of sondeoffers wat U vra nie; U wil gehoorsaamheid hê. Daarom het ek gesê: “Hier het ek gekom soos dit in die boekrol vir my voorgeskrywe is.
PSALMS 40:6-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So baie het U, HERE my God, gedoen – u wonders en wat U vir ons beplan het. Niemand kan met U vergelyk word nie. Ek wil dit graag bekend maak, en daaroor praat, maar dit is te veel om op te noem. Slagoffers en •graanoffers is nie wat U wil hê nie – U het my ore oopgemaak – •brandoffers en •reinigingsoffers het U nie gevra nie. Daarop het ek gesê: “Kyk, ek het gekom – in die •boekrol is oor my geskryf.
PSALMS 40:6-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Slagoffer en spysoffer het jy nie begeer nie; my ore het jy oopgemaak; brandoffer en sondoffer het jy nie geëis nie. Toe sê ek: Kyk, ek kom; in die boekrol is van my geskrywe: Ek het 'n welbehae om u wil te doen, o my God; ja, u wet is binne-in my hart.
PSALMS 40:6-8 Die Boodskap (DB)
Here, my God, U het wonderlike dinge gedoen. U gee vir ons om. U is heeltemal anders as mense. Daar is niemand soos U nie. Ek het nie genoeg woorde om alles op te noem wat U gedoen het nie. Dit is te veel vir woorde. U stel nie daarin belang dat mense geskenke of offers na U toe bring nie. U vra net gehoorsaamheid aan U. Daarom het ek besluit: ek gaan doen wat U wil hê. Dit is alles tog in u Woord neergeskryf.
PSALMS 40:6-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
HERE my God, U het baie wonders gedoen. U planne vir ons kan met niks vergelyk word nie. As ek van al u wonderdade wil vertel, is dit te veel om op te noem. Slagoffers of graanoffers wil U nie hê nie. U het my in staat gestel om te luister. Brandoffers of sonde-offers het U nie nodig nie. Toe sê ek: “Kyk, ek kom! In die boekrol is dit oor my geskryf.