PSALMS 40:6
PSALMS 40:6 Die Boodskap (DB)
Here, my God, U het wonderlike dinge gedoen. U gee vir ons om. U is heeltemal anders as mense. Daar is niemand soos U nie. Ek het nie genoeg woorde om alles op te noem wat U gedoen het nie. Dit is te veel vir woorde.
PSALMS 40:6 Bybel vir almal (ABA)
U, my God die Here, U het baie wonderwerke gedoen en U het baie dinge oor ons besluit. Niemand is soos U nie. As ek wil vertel wat U gedoen het en daaroor wil praat, dan is alles te veel om te tel.
PSALMS 40:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Groot dinge het U gedoen, HERE my God — u wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel.
PSALMS 40:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Here my God, U het baie wonderlike dinge gedoen; U dink altyd aan ons; daar is niemand soos U nie. Ek sou daarvan wou vertel en daaroor praat, maar dit is te veel om op te noem.
PSALMS 40:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So baie het U, HERE my God, gedoen – u wonders en wat U vir ons beplan het. Niemand kan met U vergelyk word nie. Ek wil dit graag bekend maak, en daaroor praat, maar dit is te veel om op te noem.