PSALMS 40:1-2
PSALMS 40:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek het geduldig op die HERE gewag; en hy het na my neergebuig en my geroep gehoor. Hy het my ook uit 'n afgryslike kuil, uit die modderige klei laat optrek en my voete op 'n rots gestel en my weë bevestig.
PSALMS 40:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Vir die leier van die koor: Van Dawid. 'n Psalm. Ek het aangehou wag dat die Here my moet help, en Hy het na my toe gebuig en gehoor hoe ek kla en sug.
PSALMS 40:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Ek het die HERE lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor
PSALMS 40:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die koorleier. Van Dawid. 'n Psalm. Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor.
PSALMS 40:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir die •musiekleier. Van Dawid. 'n Psalm. Ek het op die HERE bly wag, Hy het na my afgebuig en my hulpgeroep gehoor.