PSALMS 37:28
PSALMS 37:28 Bybel vir almal (ABA)
Want die Here hou daarvan dat mense reg doen aan ander mense en Hy los nie die mense wat in Hom glo nie. Hy beskerm hulle altyd, maar Hy jaag die nageslag van die mense wat verkeerd doen, weg.
PSALMS 37:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
want die HERE het die reg lief en sal sy gunsgenote nie verlaat nie; vir ewig word hulle bewaar, maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei.
PSALMS 37:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
want die Here het die reg lief en sy troue dienaars verlaat Hy nie. Hulle sal altyd behoue bly, maar die nageslag van die goddeloses sal uitgeroei word.
PSALMS 37:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want die HERE het •geregtigheid lief en wie aan Hom getrou is, verlaat Hy nie; en hulle word vir altyd beskerm, maar die nageslag van goddeloses word uitgeroei.
PSALMS 37:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die HERE het die reg lief en Hy verlaat sy gunsgenote nie; hulle word vir ewig bewaar, maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei.