PSALMS 37:22-23 - Compare All Versions

PSALMS 37:22-23 ABA (Bybel vir almal)

Wanneer die Here mense seën, dan sal hulle die land kry, wanneer Hy mense vervloek, dan jaag Hy hulle weg uit die land. Wanneer die Here tevrede is oor hoe 'n mens lewe, dan lei Hy hom en dan beskerm Hy hom.

PSALMS 37:22-23 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

want die wat deur Hom geseën word, sal die aarde besit; maar die wat deur Hom vervloek word, sal uitgeroei word. Mem. Deur die HERE word die gange van 'n man bevestig, en Hy het 'n welbehae in sy weg.

PSALMS 37:22-23 AFR83 (Afrikaans 1983)

Dié wat deur die Here geseën word, sal die land besit; maar dié wat deur Hom vervloek is, sal uitgeroei word. Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom.

PSALMS 37:22-23 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ja, wie deur Hom geseën is, sal die land besit, maar wie deur Hom vervloek is, sal uitgeroei word. Danksy die HERE stap 'n jong man met ferm treë; en die HERE is tevrede met sy lewenspad.

PSALMS 37:22-23 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want die wat deur hom geseën word, sal die aarde beërwe; en die wat deur hom vervloek is, sal uitgeroei word. Die voetstappe van 'n goeie man word deur die HERE bepaal, en hy het behae in sy weg.

PSALMS 37:22-23 DB (Die Boodskap)

Mense met wie die Here tevrede is, sal eendag alles op die aarde besit. Maar mense vir wie die Here sy rug keer, sal ondergaan. Hulle sal uitgeroei word. Die Here bepaal wat in die lewe van mense gebeur met wie se optrede Hy tevrede is. Hy laat dit goed gaan met hulle.

PSALMS 37:22-23 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hulle vir wie die HERE seën, sal die land besit, maar hulle wat Hy vervloek, sal uitgeroei word. Die HERE bepaal die rigting van ’n mens met wie se lewe Hy tevrede is.