PSALMS 37:20
PSALMS 37:20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar die goddelose sal vergaan. Die vyande van die HERE sal wees soos mooi weivelde wat soos rook verdwyn.
PSALMS 37:20 Bybel vir almal (ABA)
Maar die mense wat verkeerd doen, sal sterf. Die vyande van die Here is soos die veldblomme, hulle verdwyn in die rook en hulle is weg.
PSALMS 37:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kaf. Maar die goddelose sal omkom en die vyande van die HERE soos die prag van die weivelde; hulle verdwyn soos rook, hulle verdwyn.
PSALMS 37:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die goddeloses sal te gronde gaan, die vyande van die Here sal tot niet gaan; soos mooi weivelde wat in vlamme opgaan, so sal hulle verdwyn.
PSALMS 37:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar goddeloses gaan tot niet, die vyande van die HERE – soos kosbare weiveld verdwyn hulle, in 'n rookwolk verdwyn hulle.