PSALMS 34:8 - Compare All Versions

PSALMS 34:8 ABA (Bybel vir almal)

Die Engel van die Here beskerm die mense wat die Here dien en Hy red hulle.

PSALMS 34:8 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Get. Die Engel van die HERE trek 'n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.

PSALMS 34:8 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die Engel van die Here slaan sy laer op rondom dié wat die Here dien, en red hulle.

PSALMS 34:8 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die •Engel van die HERE trek 'n laer rondom hulle wat vir die HERE ontsag het en Hy red hulle.

PSALMS 34:8 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Smaak en sien dat die HERE goed is; geseënd is die man wat op Hom vertrou.

PSALMS 34:8 DB (Die Boodskap)

Die Here stuur sy engele om mense te beskerm wat Hom dien. Hy verlos hulle wat Hom aanbid.

PSALMS 34:8 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Want die Engel van die HERE hou wag oor almal wat Hom dien, en Hy red hulle.