PSALMS 34:4 - Compare All Versions
PSALMS 34:4 ABA (Bybel vir almal)
Julle moet saam met my sing en sê die Here is groot, julle moet almal saam sy Naam prys.
Deel
PSALMS 34 ABAPSALMS 34:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Gimel. Maak die HERE saam met my groot, en laat ons saam sy Naam verhef!
Deel
PSALMS 34 AFR53PSALMS 34:4 AFR83 (Afrikaans 1983)
Sing saam met my oor die grootheid van die Here en laat ons saam sy Naam prys.
Deel
PSALMS 34 AFR83PSALMS 34:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maak saam met my die Naam van die HERE groot, ja, laat ons saam sy Naam verheerlik.
Deel
PSALMS 34 AFR20PSALMS 34:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het die HERE gesoek, en Hy het my verhoor en my van al my vrese gered.
Deel
PSALMS 34 CAB23PSALMS 34:4 DB (Die Boodskap)
Kom, julle, kom maak die Here se Naam saam met my groot. Kom laat ons Hom vereer.
Deel
PSALMS 34 DBPSALMS 34:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Kom verheerlik die HERE saam met my; laat ons saam sy Naam prys.
Deel
PSALMS 34 NLV