PSALMS 34:20 - Compare All Versions

PSALMS 34:20 AFR83 (Afrikaans 1983)

Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal.

PSALMS 34:20 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Resj. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom.

PSALMS 34:20 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die regverdige kan baie rampe ervaar, maar uit elkeen van hulle red die HERE hom.

PSALMS 34:20 DB (Die Boodskap)

Al tref duisende rampe mense wat die Here liefhet, Hy sal hulle nooit alleen los nie. Uit elke krisis sal Hy hulle red.

PSALMS 34:20 ABA (Bybel vir almal)

Daar is baie dinge wat 'n mens wat reg lewe, laat swaarkry, maar die Here red Hom van al hierdie dinge.

PSALMS 34:20 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

'n Regverdige ervaar baie teenspoed, maar uit dit alles red die HERE hom.

PSALMS 34:20 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Hy bewaar al sy gebeente; nie een van hulle word gebreek nie.