PSALMS 34:16-17
PSALMS 34:16-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here sorg vir die regverdiges en luister na hulle hulpgeroep. Maar Hy tree op teen dié wat kwaad doen en vee selfs die herinnering aan hulle van die aarde af.
PSALMS 34:16-17 Bybel vir almal (ABA)
Die Here kyk na die mense wat reg lewe en Hy sorg vir hulle. Hy luister wanneer hulle roep en vra dat Hy hulle moet help. Die Here hou nie van mense wat verkeerde dinge doen nie, Hy sal hulle laat verdwyn, en niemand in die land sal nog aan hulle dink nie.
PSALMS 34:16-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ajin. Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep. Pe. Die aangesig van die HERE is teen die kwaaddoeners, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei.
PSALMS 34:16-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die oë van die HERE is op die regverdiges, sy ore op hulle hulpgeroep. Die gesig van die HERE is gerig teen kwaaddoeners om hulle gedagtenis uit te roei van die aarde af.
PSALMS 34:16-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die aangesig van die HERE is teen die wat kwaad doen, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei. Die regverdiges roep, en die HERE luister en verlos hulle uit al hulle benoudhede.