PSALMS 33:13-15
PSALMS 33:13-15 Bybel vir almal (ABA)
Die Here kyk uit die hemel, Hy sien al die mense, Hy kyk uit sy woonplek wat almal doen, almal wat op die aarde woon. Dit is Hy wat hulle verstand gemaak het en Hy weet alles wat hulle doen.
PSALMS 33:13-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die HERE kyk van die hemel af; Hy sien al die mensekinders. Uit sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde, Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke.
PSALMS 33:13-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here kyk uit die hemel en sien al die mense. Van die plek waar Hy as koning sit, sien Hy almal wat onder op die aarde woon. Dit is Hy wat hulle verstand gevorm het, wat al hulle werk deurgrond.
PSALMS 33:13-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Uit die hemel kyk die HERE, Hy sien alle mense. Uit die plek waar Hy woon beskou Hy al die bewoners van die aarde, Hy wat elkeen van hulle se denke vorm, insig het in alles wat hulle doen.
PSALMS 33:13-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE kyk uit die hemel; hy sien al die mensekinders. Uit die plek van sy woonplek aanskou hy al die bewoners van die aarde. Hy vorm hulle harte gelyk; hy let op al hulle werke.