PSALMS 32:1-2
PSALMS 32:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Van Dawid. 'n Lied. Dit gaan goed met 'n mens wanneer die Here hom vergewe dat hy opstandig was, wanneer die Here hom nie straf oor sy sonde nie. Dit gaan goed met 'n mens wanneer die Here nie sê dat hy skuldig is nie. Dit gaan goed met 'n mens wat nie ander mense bedrieg nie.
PSALMS 32:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N PSALM van Dawid; 'n onderwysing. Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is. Welgeluksalig is die mens aan wie die HERE die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie.
PSALMS 32:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Gedig van Dawid. Dit gaan goed met die mens wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word. Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die oortreding nie toereken nie en in wie se gees daar geen valsheid is nie.
PSALMS 32:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Van Dawid. 'n Maskiel . Gelukkig is die een wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is. Gelukkig is die mens vir wie die HERE sondeskuld nie toereken nie, en in wie se gees geen bedrog is nie.
PSALMS 32:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Geseënd is hy wie se oortreding vergewe is, wie se sonde bedek is. Geseënd is die man aan wie die HERE die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie.
PSALMS 32:1-2 Die Boodskap (DB)
Jy is baie gelukkig as die Here jou al jou verkeerde dade vergewe. Jy is gelukkig as Hy nie meer aan jou slegte dade dink nie. Jy is baie gelukkig as die Here jou nie laat betaal vir jou skuld nie. Jy is ook gelukkig as jy nie skelm is of ander mense probeer te kort doen met geld nie.