PSALMS 31:3-4
PSALMS 31:3-4 Bybel vir almal (ABA)
U moet luister en my gou red, U moet die rots wees waarnatoe ek kan vlug, die plek waar ek veilig is, waar U my beskerm. Ja, U is my Rots, U beskerm my, ek behoort aan U, U lei my, U bly by my.
PSALMS 31:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Neig u oor tot my, red my gou; wees vir my 'n rots om in te vlug, 'n baie vaste huis om my te verlos. Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.
PSALMS 31:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Luister na my, red my tog gou. Wees vir my 'n rots om na toe te vlug, 'n bergvesting om my te red. Ja, U is my rots en my bergvesting, ter wille van u Naam sal U my voorgaan en my lei.
PSALMS 31:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Draai u oor na my, red my gou; wees 'n rotsvesting vir my, 'n bergskuiling tot my redding. Want U is my rotsvesting, en my bergskuiling; en ter wille van u Naam moet U my lei en begelei.
PSALMS 31:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want U is my rots en my vesting; daarom lei my ter wille van u Naam en lei my. Trek my uit die net wat hulle vir my in die geheim gelê het, want U is my sterkte.