PSALMS 31:14
PSALMS 31:14 Die Boodskap (DB)
Ja, ek het gehoor hoe mense stories oor my loop en vertel. Agteraf maak hulle planne om my dood te maak. Hulle span saam teen my. Hulle wil my doodmaak.
PSALMS 31:14 Bybel vir almal (ABA)
Maar ek hoor baie mense fluister en sê: “Ons moet hom van al die kante aanval.” Hulle maak saam planne teen my, hulle wil my doodmaak.
PSALMS 31:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want ek het die skindertaal van baie gehoor — skrik rondom! — terwyl hulle saam raad hou teen my; hulle is van plan om my lewe te neem.
PSALMS 31:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek hoor dreigemente van baie; dit dreig van alle kante af. Baie span teen my saam en smee planne om my lewe te neem.
PSALMS 31:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want ek het die kwaadpratery van baie gehoor: “Verskrikking aan alle kante!” Wanneer hulle teen my saamspan, beplan hulle om my lewe te neem.