PSALMS 30:3-4
PSALMS 30:3-4 Bybel vir almal (ABA)
My God die Here, ek het tot U geroep en gevra dat U my moet help, en U het my gesond gemaak. Here, U het my laat uitkom uit die doderyk, ek was naby die dood, maar U het my weer laat lewe.
PSALMS 30:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
HERE, my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my gesond gemaak. HERE, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal.
PSALMS 30:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Here my God, ek het na U geroep om hulp en U het my gesond gemaak. Here, U het my gered van die doderyk, my aan die lewe gehou toe ek al op pad was na die dood toe.
PSALMS 30:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
HERE my God, ek het na U om hulp geroep en U het my gesond gemaak. HERE, U het my lewe uit die •doderyk laat opkom; U het my lewend gehou tussen dié wat afdaal in die put.
PSALMS 30:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
O HERE, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my in die lewe gehou, dat ek nie in die kuil sou afdaal nie. Sing tot eer van die HERE, o sy heiliges, en loof tot eer van sy heiligheid.