PSALMS 3:4-5
PSALMS 3:4-5 Bybel vir almal (ABA)
Maar, Here, U is vir my soos 'n skild, U beskerm my van al die kante. U maak my belangrik, mense respekteer my. Wanneer ek die Here roep, dan antwoord Hy my van bo-op sy gewyde berg. Sela
PSALMS 3:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar U, HERE, is 'n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef. Luid roep ek die HERE aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg. Sela.
PSALMS 3:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar U, Here, beskerm my aan alle kante, U herstel my eer en aansien. As ek na die Here roep, antwoord Hy my van sy heilige berg af. Sela
PSALMS 3:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar U, HERE, is vir my 'n skild aan alle kante; U is my eer, en die Een wat my kop hoog hou. Wanneer ek hard roep na die HERE, antwoord Hy my van sy •heilige berg af. •Sela
PSALMS 3:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek het die HERE aangeroep met my stem, en Hy het my gehoor van sy heilige berg af. Sela. Ek het my gaan lê en slaap; ek het wakker geword; want die HERE het my onderhou.