PSALMS 29:3-4
PSALMS 29:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Almal hoor die Here se stem, wanneer Hy bo die water praat, wanneer God die Koning, die Here, hard praat bo die baie water. Wanneer die Here praat, dan praat Hy hard, wanneer Hy praat, dan is dit die Koning wat praat.
PSALMS 29:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die stem van die HERE is op die waters, die God van eer donder; die HERE is op die groot waters. Die stem van die HERE is met krag; die stem van die HERE is met heerlikheid.
PSALMS 29:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die stem van die Here weerklink oor die waters. Dit is die magtige God wat die weer laat dreun; die Here self is op die groot waters! Die stem van die Here is magtig, die stem van die Here is vol majesteit.
PSALMS 29:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die stem van die HERE is oor die waters, die God van heerlikheid laat dit dreun, die HERE is bo die magtige waters, die stem van die HERE is kragtig, die stem van die HERE is glansryk.
PSALMS 29:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die stem van die HERE is oor die waters: die God van die heerlikheid donder, die HERE is oor die baie waters. Die stem van die HERE is kragtig; die stem van die HERE is vol majesteit.