PSALMS 23:2-3
PSALMS 23:2-3 Bybel vir almal (ABA)
'n Herder bring sy skape na goeie weiveld, hulle eet genoeg en hulle gaan lê. Hy bring hulle na die water, en daar gaan hulle lê en rus. So gee die Here ook vir my nuwe krag, Hy leer vir my om reg te lewe, want ek behoort aan Hom.
PSALMS 23:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.
PSALMS 23:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag.
PSALMS 23:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In groen weivelde laat Hy my rus; na water waar daar rusplek is, lei Hy my. Hy gee my nuwe lewenskrag; Hy lei my op die regte paaie ter wille van sy Naam.
PSALMS 23:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy laat my lê in groen weivelde; na waters wat stil is, lei Hy my. Hy verkwik my siel, Hy lei my op die spore van geregtigheid ter wille van sy Naam.
PSALMS 23:2-3 Die Boodskap (DB)
Hy gee vir my die heel beste van alles: kos, veiligheid en vrede. Omdat die Here by my is, bekommer ek my nie. Wanneer ek moedeloos word, laat Hy my die lewe weer anders sien. Hy gee my die krag om elke dag reg te lewe. Soos ’n goeie gids lei Hy my elke dag om volgens sy wil te lewe. Almal in my lewe kan sien hoe belangrik God is.