PSALMS 2:6-9
PSALMS 2:6-9 Bybel vir almal (ABA)
Hy sê: “Dit is Ék wat my koning gesalf het op Sion, my gewyde berg.” Ek, die koning, sal sê wat die Here gesê het. Die Here het vir my gesê: “Jy is my seun, Ek is van vandag af jou Vader. Jy mag vir My vra om al die volke op die aarde vir jou te gee, en Ek sal hulle vir jou gee, hulle sal almal aan jou behoort. Jy sal hard oor hulle regeer, soos 'n koning met 'n yster-septer. Jy sal met hulle doen wat jy wil, soos wanneer iemand 'n kleipot stukkend slaan.”
PSALMS 2:6-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ék tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg. Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer. Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting. U sal hulle verpletter met 'n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos 'n erdepot.
PSALMS 2:6-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Dit is Ek wat hom as my koning gesalf het op Sion, my heilige berg.” Ek wil vertel wat die Here aangekondig het. Hy het vir my gesê: “Jy is my seun, van vandag af is Ek jou Vader. Vra My, en Ek gee volke vir jou as eiendom, die hele aarde as jou besitting. Jy sal hulle verpletter met jou ystersepter, hulle flenters slaan soos 'n kleipot.”
PSALMS 2:6-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Ek self het my koning gesalf op Sion, my •heilige berg.” Ek wil die vaste besluit bekend maak: Die HERE het vir my gesê: “Jy is my seun, vandag het Ek jou verwek. Vra dit van My en Ek sal volke gee as jou erfdeel, die uithoeke van die aarde as jou eiendom. Jy sal hulle verpletter met 'n ystersepter, soos erdewerk sal jy hulle stukkend slaan.”
PSALMS 2:6-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Tog het Ek my koning aangestel op my heilige berg Sion. Ek sal die besluit verkondig: die HERE het vir my gesê: U is my Seun; vandag het Ek jou gegenereer. Vra van My, en Ek sal jou die nasies gee as jou erfdeel en die eindes van die aarde as jou besitting. Jy moet hulle met 'n ysterstaf breek; jy moet hulle stukkend slaan soos 'n pottebakker se pot.
PSALMS 2:6-9 Die Boodskap (DB)
“Ek self het hom as koning aangestel op die heilige berg in Jerusalem.” Laat ek julle vertel wat die Here vir my gesê het: “Jy is my seun. Van hierdie dag af is Ek jou Vader. Jy moet net vra, en Ek sal jou die heerser oor baie mense, ja, oor die hele wêreld maak. Jy sal hulle met ’n ysterhand regeer. Die een wat nie na jou luister nie, gaan teëspoed kry.”
PSALMS 2:6-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Ek het hom op Sion, my heilige berg, as my koning aangestel.” Ek wil vertel van die HERE se besluit. Hy het vir my gesê: “Jy is my seun. Vandag het Ek jou Pa geword. Vra My, en Ek gee vir jou nasies as erfporsie, die einde van die aarde as jou besitting. Met ’n ysterstaf sal jy hulle stukkend slaan, soos ’n kleipot hulle verpletter.”