PSALMS 19:12-14
PSALMS 19:12-14 Bybel vir almal (ABA)
En ook, dit leer vir my wat ek moet weet, en wanneer ek doen wat die Here sê, dan gee Hy vir my baie goeie dinge. Niemand weet self wat hy alles verkeerd doen nie. Here, U moet my vergewe wanneer ek verkeerde dinge doen en nie weet dat dit verkeerd is nie. En U moet ook keer dat ek nie sonde doen wanneer ek weet dit is verkeerd nie, U moenie dat die sondes oor my regeer nie. Dan sal ek nie skuldig wees nie en nie teen U opstandig wees nie.
PSALMS 19:12-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ook word u kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot loon. Die afdwalinge — wie bemerk hulle? Spreek my vry van die wat verborge is. Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding.
PSALMS 19:12-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
U dienaar laat hom daardeur leer. Wie dit alles onderhou, groot is sy beloning. Wie sien sy eie dwalinge raak? Moet my tog nie straf vir sondes wat ek onwetend gedoen het nie. Weerhou my van opsetlike sondes, laat hulle nie oor my heers nie. Dan sal ek onberispelik wees en vry van hierdie groot sonde.
PSALMS 19:12-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Boonop, u dienskneg word daardeur gewaarsku; wanneer 'n mens daarby hou, is die beloning groot. Wie het insig in sy onbewuste dwalings? Spreek my vry van verborge sondes! Weerhou u dienskneg ook van vermetelheid. Laat dit nie oor my heers nie; dan sal ek onskuldig wees en vry van ernstige oortredings.
PSALMS 19:12-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wie kan sy foute verstaan? Reinig my van verborge foute. Bewaar ook u kneg van vermetele sondes; laat hulle nie oor my heers nie; dan sal ek opreg wees en onskuldig wees van die groot oortreding. Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor U oë, o HERE, my sterkte en my verlosser.
PSALMS 19:12-14 Die Boodskap (DB)
Elkeen wat U dien, leer uit u wet. Iemand wat u wet gehoorsaam, se lewe is vol en ryk. Hy word oor en oor daarvoor beloon. Ongelukkig sien ’n mens nie altyd die dinge raak wat jy verkeerd doen nie. Here, vergewe al my foute waarvan ek nie weet nie, wat ek gedoen het sonder dat ek besef het hoe verkeerd dit is. En keer my as ek van plan is om opsetlik verkeerde dinge te doen. Moenie dat slegte dinge oor my lewe baasspeel nie. As U my help, sal ek sonder foute wees. Dan sal ek nie aanhou om oor en oor die verkeerde dinge te doen nie.
PSALMS 19:12-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dis ’n waarskuwing vir u dienaar, en ’n groot beloning vir dié wat dit gehoorsaam. Wie kan sy eie oortredings verstaan? Spreek my vry oor verborge sondes, en bewaar my van opsetlike sondes! Laat hulle nie oor my heers nie. Dan sal ek vry wees van skuld, en onskuldig aan groot oortredings.