PSALMS 17:14
PSALMS 17:14 Bybel vir almal (ABA)
Here, U self moet my red van hierdie mense, hierdie mense wat alles het in hierdie lewe en wat hulle vol eet van die dinge wat U gee, mense wie se kinders genoeg het, en vir hulle kleinkinders bly daar ook nog kos oor.
PSALMS 17:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
met u hand van die manne, o HERE, van die manne wie se deel in die lewe uit die wêreld is en wie se buik U vul met u verborge skat; wie se seuns daarvan nog sat is, wat weer hul oorskot aan hulle kinders laat agterbly.
PSALMS 17:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
met u eie hand, Here, van hierdie mense. Laat hulle ontydig omkom, sny hulle lewens af; laat hulle hulle vol eet aan die onheil wat U vir hulle gereed hou; laat daar oorgenoeg wees vir hulle kinders en laat daar nog oorbly vir die kindskinders.
PSALMS 17:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
met u hand, HERE, van hulle wat doodmaak. Mense wat doodmaak, se lewens is van korte duur; dit is hulle lot in die lewe. Met u verborge straf vul U hulle mae; hulle kinders word versadig daarvan en wat oorbly, laat hulle agter vir hulle jong kinders.
PSALMS 17:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Van die mense wat u hand is, o HERE, van die mense van die wêreld wat hulle deel in hierdie lewe het, en wie se buik U vul met u verborge skat; hulle is vol kinders en laat die res van hulle besittings aan hulle kleintjies oor.
PSALMS 17:14 Die Boodskap (DB)
Red my self van hulle wat nie doen wat U sê nie. Straf hulle soos U reeds besluit het om te doen. Laat hulle in die fleur van hulle lewe doodgaan. Moenie dat hulle kinders en kleinkinders wegstap sonder dat hulle ook gestraf word nie. Laat hulle almal vir hulle sondes betaal.