PSALMS 16:7-8
PSALMS 16:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Ek prys die Here, Hy sê vir my wat ek moet doen, ook in die nag dink ek aan wat U vir my leer. Ek weet die Here is altyd naby my. Ek val nie, want Hy is by my.
PSALMS 16:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek sal die HERE loof wat my raad gegee het; selfs in die nag vermaan my niere my. Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.
PSALMS 16:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het; selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer. Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie.
PSALMS 16:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal die HERE prys wat my raad gegee het, selfs in die nag wys my hart my tereg. Ek hou die HERE altyd voor oë; omdat Hy aan my regterkant is, sal ek nie struikel nie.
PSALMS 16:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek sal die HERE loof wat my raad gegee het; my niere leer my ook in die nagte. Ek het die HERE altyddeur voor my gestel; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.
PSALMS 16:7-8 Die Boodskap (DB)
Ek sal die Here prys. Ek wil sy Naam grootmaak omdat Hy my hand vat en my op die regte pad lei. Selfs as ek slaap, weet ek Hy is by my. Daar is nie ’n oomblik van die dag dat ek nie aan die Here dink nie. Hy is die belangrikste in my lewe. Hy is altyd by my.

