PSALMS 16:3 - Compare All Versions

PSALMS 16:3 ABA (Bybel vir almal)

Daar is afgode in hierdie land, en daar is mense wat van hulle hou en wat dink dat die afgode heilig en sterk is.

PSALMS 16:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar aangaande die heiliges wat op die aarde is, sê ek: Hulle is die heerlikes in wie al my behae is.

PSALMS 16:3 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die afgode in die land, so aantreklik vir baie – met hulle wil ek niks te doen hê nie.

PSALMS 16:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Wat die heiliges in die land betref, ja, die magtiges, by wie ek al my vreugde gevind het

PSALMS 16:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar aan die heiliges wat op die aarde is, en aan die vernames in wie al my behae is.

PSALMS 16:3 DB (Die Boodskap)

Maar daardie mense wat dooie gode dien se hartseer word by die dag net groter.

PSALMS 16:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die sogenaamde heiliges in die land, vervloek is elkeen wat vreugde in hulle vind.