PSALMS 15:1-2
PSALMS 15:1-2 Die Boodskap (DB)
Here, watter mens mag voor U kom staan? Wie mag in u huis instap, daar waar U spesiaal teenwoordig is? Iemand wat so optree dat U heeltemal tevrede is met wat hy doen, mag daar kom; ja, hy wat reg doen, wat U wil hê. So iemand praat altyd die waarheid.
PSALMS 15:1-2 Bybel vir almal (ABA)
'n Psalm van Dawid. Here, wie mag bly in u tempel, wie mag woon op u gewyde berg? Net die mens wat heeltemal reg lewe en reg doen en wat die waarheid praat, mag daar kom
PSALMS 15:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N PSALM van Dawid. HERE, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg? Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek
PSALMS 15:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Psalm van Dawid. Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here? Wie mag op u heilige berg vertoef? Hy wat onberispelik wandel en doen wat reg is, wat met sy hele hart die waarheid praat
PSALMS 15:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Psalm. Van Dawid. HERE, wie mag 'n gas wees in u tent? Wie mag tuisgaan op u •heilige berg? Hy wat onberispelik leef en regverdig optree, wat van harte die waarheid praat.